Landbouministerie reageer gou op boer se noodkreet oor kommandowurms

Pas nadat die kleinskaalse boer Ileni Nandjato van Far-Far Away Farming in die Ondangwa landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, kommandowurms aan die landbouministerie rapporteer het, was landbou-voorligtingsbeamptes vinnig op sy plaas. Nandjato was bekommerd oor sy oeste en vee wat deur die wurms bedreig word. Hy sê die voorligtingsbeamptes was vinnig om op sy noodkreet te reageer. Hulle het monsters op sy plaas geneem. Boere moet waaksaam bly en kommandowurms dadelik aan die landbouministerie rapporteer.