Landboumagnaat in Oekraïne dood in Russiese aanval

Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky het bevestig die landboumagnaat Oleksiy Vadaturskyi en sy vrou, Raisa, is dood. Zelensky sê Russiese magte het oor die naweek tientalle missiele en vuurpyle afgevuur op die suidelike stad Mykolaiv, en die egpaar is daar dood. Die magnaat het Nibulon besit, wat verlede jaar meer as 5,6 miljoen ton koring, gort, mielies en ander landbouprodukte na 38 lande uitgevoer het. Intussen sê Nibulon die egpaar se dood is ‘n groot verlies vir die maatskappy en die landbousektor.