Landbou waarsku oor fop-Facebook-blad July 17, 2023

Lede van die publiek word gewaarsku dat daar weer ‘n fop-Facebook-blad, ‘Ministry of Agriculture’ geskep is. Die blad bied blykbaar geleenthede vir plaaslike landbouers om finansiering by die Internasionale Monetêre Fonds en Wêreldbank te bekom. Daar is ‘n uiters verdagte skakel wat die ministeriële woordvoerder Jona Musheko sê vermy moet word.