Landbou neem Kunene-onderhandelings oor

Die Namibiese kabinet het beslis dat die Namibiese afvaardiging vir die permanente gesamentlike komitee op die Kunene-rivier deur die ministerie van landbou, water en bosbou beheer word. Die voorsitterskap sal ook na die ministerie toe oorgedra word. Die komitee was voorheen deur die ministerie van myne en energie behartig, veral in verband met die Baynes-hidroëlektriese skema. Die komitee sal ook sy onderhandelings met Angolese owerhede voortsit om die komitee te omskep in ‘n waterbron kommissie. Protokolle vir die SAOG-streek sê dat gedeelde waterbronne so bestuur moet word.