Landbou-ministerie besig met 39 boorgate in Oshikoto-streek

Die landbou-ministerie gaan voor die einde van Maart 39 boorgate in die Okankolo-, Eengodi- en Nehale Lyampingana-kiesafdelings van die Oshikoto-streek installeer. Die ministerie se hoof van landelike watervoorsiening, Stevenson Tuukondjele, sê dit is om watertekorte in die gebiede te help verlig. Die ministerie het reeds tenders aan kontrakteurs toegestaan wat begin het om boorgate te boor en installeer, om die waterkrisisse wat hulle verlede jaar in die gesig gestaar het, te vermy.