Landbou-masjinerie verkoop baie goed in SA

Volgens data wat die Suid-Afrikaanse Landbou-masjinerievereniging vrygestel het, het die verkope van landbou-masjinerie vir die eerste twee maande van die jaar op ‘n positiewe koers gebly. Trekkerverkope het in Februarie met 20 persent op ‘n jaargrondslag gestyg en 789 eenhede is verkoop. Oor dieselfde tydperk het kombinasie-stropers se verkope met 36 persent gestyg en 19 eenhede is verkoop. ‘n Ekonoom van die Landbou-sakekamer van Suid-Afrika, Wandile Sihlobo, sê dié verkope bou voort op die momentum van die afgelope twee jaar. Hy sê die landbou-masjineriebedryf het voordeel getrek uit boere se verhoogde besteding in 2020 en 2021.