Haaie is versigtig opgewonde vir Scarlets

Die Haaie se afrigter Sean Everitt sê hulle is baie versigtig vir die Scarlets van Wallis. Die twee spanne meet môre kragte in ‘n Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd in Durban. Everitt sê die Walliese span se spel is aanvallend, maar hulle skop ook graag. Hy sê hulle is opgewonde oor die langverwagte reeks tuiswedstryde teen teenstanders uit die Noordelike Halfrond, maar hulle verwag ‘n taai stryd teen die Scarlets.