Landbou-ekonoom sê branstofprysstygings vind in stil tydperk in landbousektor plaas

‘n Landbou-ekonoom sê hoewel die brandstof-prysverhogings boere se insetkoste gaan verhoog, vind dit plaas in ‘n stil tydperk in die primêre landbousektor, veral in die somergewas-gebiede waar gewasse tans jonk is. Wandile Sihlobo van die Landbou-sakekamer, Agbiz, sê dieselfde kan nie gesê word vir landbousake wat koste-verhogings gaan ervaar nie. Beide Namibië en Suid-Afrika se brandstofpryse styg om middernag.