Landbou: Dinge raak moeilik
Voorspellings vir reën vanaf Januarie lyk op die oomblik uiters traag en al verswak El Nino teen April, soos voorspel, sal dit te laat wees vir die land. Sommige gebiede het vir jare ondergemiddelde en geen reënval ontvang nie en daar is groot kommer oor landbou. Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, sê ‘n opname is gemaak oor toestande in die land. Hy het met die nasionale uitsaaier gesels.