Lake het nog nie in Arizona toegegee nie

Die Republikeinse kandidaat vir die goewerneurspos in Arizona, Kari Lake, het nog nie toegegee na die Demokraat Katie Hobbs as wenner verklaar is nie. Hobbs is vanoggend verklaar met 50,4 persent teenoor Lake se 49,6 persent. Lake het kort voor die uitspraak in die verkiesing met haar ondersteuners gepraat.