Laer dieselprys bring verligting vir Namibiese boere

Die Namibiese landbousektor slaak ‘n sug van verligting nadat die ministerie van myne en energie ‘n verlaging in brandstofpryse, veral dié van diesel, aangekondig het wat op Woensdag 4 Januarie 2023 in werking tree. Dieselpryse is met 2 Namibiese dollar 20 sent per liter verlaag en petrol met 1 dollar 80 sent per liter. Diesel sal nou 20 dollar 65 sent per liter by Walvisbaai kos en petrol 18 dollar 28 sent per liter. Namibiese landboukenners sê boere gaan gebukkend onder stygende produksiekoste en die daling in die dieselprys sal effens verligting bring.