Ladysmith Black Mambazo se stigter postuum vereer

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die Nasionale Orde-toekennings vandag uitgedeel by die Sefako Makgatho presidensiële gastehuis in Pretoria. Die Nasionale Ordes is die hoogste toekennings wat aan Suid-Afrikaanse burgers en gesiene buitelanders toegeken word. Die afgetrede regter van die Konstitusionele Hof, Edwin Cameron, het goud gekry in die Kremetart-kategorie. Ladysmith Black Mambazo se stigter, wyle Joseph Tshabalala, is postuum vereer met goud in die kategorie, Ikhamanaga. Ramaphosa sê sommige van die nasionale ordes wat toegeken is, is dié van Mendi vir dapperheid, Ikhamaga, Kremetart, Luthuli en Companions of OR Tambo.