Lady R-verslag vandag bekendAugust 4, 2023

Die Presidensie in Suid-Afrika het aangekondig ‘n onafhanklike paneel se verslag oor die ondersoek na die vasmeer van die Russiese vragskip Lady R sal vandag afgehandel en vrygestel word. Die ondersoek gelei deur oudregter Phineas Mojapelo is gelas na bewerings van Suid-Afrikaanse wapens wat aanboord die vaartuig gesmokkel is toe dit in Desember in Simonstad voor anker gelê het. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê ‘n laat indiening het gelei tot ‘n effense vertraging, maar Mojapelo het nie uitstel versoek nie: