Lady R-aantygings het groot skade aan SA gerig
President Cyril Ramaphosa sê die bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland voorsien het, het ‘n negatiewe uitwerking op die land se ekonomie en stand in die wêreld gehad. ‘n Onafhanklike verslag het bevind die Russiese skip, Lady R wat verlede jaar in Simonstad vasgemeer het, het nie wapens afgelaai nie. Ramaphosa sê hy sal nie die paneel se verslag bekend maak nie, omdat die bewyse daarin geklassifiseerd is. Hy sê hy sal wel vandag ‘n beknopte oorsig van die verslag vrystel: