Laat julle inent asb – Geingob

Die Namibiese President Hage Geingob het ‘n noodberoep op Namibiërs gedoen om hulle te laat inent. Hy het ook jongmense veroordeel wat nie die Covid-regulasies nakom nie, partytjies hou en dit blatant op sosiale media plaas. Geingob het gesê dit is roekeloos, selfsugtig en onverantwoordelik.