Laaste Khmer Rouge-lid weet kwansuis niks

Die laaste oorlewende lid van die Khmer Rouge-leierskap in Kambodja ontken hy het ooit deelgeneem aan misdade teen die mensdom. Die 90-jarige Khieu Samphan, wat deel van die leier Pol Pot se binnekring was, appelleer nadat ‘n hof met steun deur die Verenigde Nasies hom drie jaar gelede aan volksmoord skuldig bevind het. Die Kommunistiese bewind word beskuldig van die moord op sowat 1,7 miljoen mense tussen 1975 en 1979. Baie van die slagoffers is begrawe in massagrafte in die sogenaamde “killing fields”. Samphan hou vol hy wou net onafhanklikheid en selfbeskikking vir sy land hê.