Laaste dag vir belastingopgawes

Die Namibiese Inkomste-agentskap NamRa het belasting betalers in die land daaraan herinner dat vandag die laaste dag is om belastingopgawes in te dien. Die agentskap doen ‘n beroep op belastingbetalers om eerder hulle opgawes digitaal deur die ITAS-stelsel in te dien, veral in verband met Covid-19. Individue en maatskappye wat uitdagings ondervind moet ‘n skrywe aan NamRa rig om uitstel te vra. Dit moet die agentskap vandag bereik.