KZN-regering het regte geskend in verband met watervoorsiening

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het bevind munisipaliteite in KwaZulu-Natal het inwoners se regte geskend deur nie skoon drinkwater aan hulle te voorsien nie. Die kommissie het sy bevindings en aanbevelings gister bekend gemaak ná ‘n ondersoek na die waterkrisis in die provinsie. KwaZulu-Natal se kommissaris, Philile Ntuli, sê daar is ‘n opmerklike verskil tussen landelike en stedelike gemeenskappe ten opsigte van toegang tot basiese dienste en wat regte tot gelykheid en waardigheid skend: