KZN-matrieks gewaarsku om veilig te kuier

Die KwaZulu-Natalse LUR vir Onderwys, Mbali Frazer, doen ‘n beroep op leerders om hulself gedurende die komende somervakansie verantwoordelik te gedra, om te verseker hulle is gereed en toegerus vir tersiêre instellings en ander uitdagings volgende jaar. Die oproep volg op die suksesvolle afhandeling van die matriek-eksamen in die provinsie. Frazer loof matrieks vir hulle integriteit tydens die eksamen en maan teen roekelose vierings. Die departement se woordvoerder, Muzi Mahlambi, vra matrieks ook om hulle skooklere by die skool agter te laat vir arm leerders: