Fishrot-klagtes: Ombud se hande is afgekap

Die twee oudministers Bernhardt Esau en Sacky Shangala is in die nuus na die besoek van die ombud Basilius Dyakugha aan die gevangenis. Hulle sê die strafregstelsel is terleurstellend en beweer dat al wat hulle gedoen het, was om hul ministeriële funksies uit te voer en het nie saam gesweer om korrupsie, geldwassery en rampokkery te pleeg nie. Die twee is sedert 27 November 2019, saam met hulle ander Fishrot-beskuldigdes, in aanhouding. Hulle sê hulle kan nie alleen die skuld dra vir die wysiging aan die Visserywet wat die minister bemagtig het om oor visvangregte en kwotas te besluit nie. Om wette te verander, het die twee gesê, is nie die verantwoordelikheid van een minister nie, maar hulle moet nou alleen die verantwoordelikheid vat. Shangala het gepraat oor borgtog wat nie aan hulle toegestaan is nie en al sê die ombud sy hande is afgekap in verband het hulle klagtes, stem hy saam dat hulle lang aanhouding as verhoor afwagtend, onaanvaarbaar is.