KZN-boere maak self paaie reg om produkte te vervoer
Die Boerevereniging van Mid-Illovo in KwaZulu-Natal sê die boerderygemeenskap het besluit om dinge self te doen en het begin om paaie te herstel wat deur die vloede in KwaZulu-Natal beskadig is. Die vloede het brûe in Mid-Illovo en Creighton weggespoel en paaie beskadig wat deur boere gebruik word om hulle produkte te vervoer. Brett Chubb van die vereniging sê suiker en hout kon nie vervoer word nie. Die trae beskikbaarheid van diesel het daartoe gelei dat boerderybedrywighede tot stilstand gedwing is. Hy meen die regering beskou hulle omstandighede nie as ʼn noodsituasie nie.