Kyrgios onskuldig bevind al het hy skuldig gepleit

‘n Hof in Canberra het ‘n aanrandingsklag teen Nick Kyrgios laat vaar selfs al het hy skuldig gepleit en erken hy het sy gewese meisie in 2021 gestamp. Die wêreld se nommer 20 is aangekla ná ‘n voorval waar hy laataand sy gewese meisie, Chiara Passari, na ‘n argument buite haar woonstel in Kingston omgestamp het. Landdros Beth Campbell het die saak as ‘n enkele voorval van domheid of frustrasie beskryf en die saak uitgegooi. Die landdros het aangedui Kyrgios sal nie sommer weer so ‘n oortreding begaan nie.