Kwessie van ongekwalifiseerde onderwysers in NV bespreek

Die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka, het vandag in die Nasionale Vergadering op ‘n vraag geantwoord oor waarom die ministerie ongekwalifiseerde onderwysers in die onderwysstelsel aanstel. Nghipondoka het geantwoord die stelsel laat slegs gekwalifiseerde onderwysers toe om aansoek te doen, behalwe in spesiale gevalle in landelike gebiede weens taaluitdagings.