Vakbond-leier bevraagteken geen salarisverhogings vir staatsamptenare

Die Namibiese regering het ‘n beroep op staatsamptenare gedoen om geduld te hê en gesê dit is nie in ‘n posisie om hulle voorlopig enige salarisverhogings toe te staan nie. Dr. Peya Mushelenga, inligtingsminister, het die parlement ingelig oor die stand van salarisonderhandelinge tussen die regering, die Namibiese Nasionale Onderwysers-unie en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers. Staatsamptenare is sedert die 2016-boekjaar nie ‘n salarisverhoging toegeken nie. Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers het hierop gereageer.

Hy het gevra of die regering wel die stygende pryse in die mees basiese kommoditeite soos brandstof oorweeg?