Kurtley Beale speel dalk weer rugby

Rugby: Die gewese Wallabie-speler Kurtley Beale sal na verwagting na die spel terugkeer nadat hy in ‘n hof in Sydney onskuldig bevind is op seksuele aanklagte. Rugby Australië het Beale geskors nadat hy in Januarie verlede jaar aangekla is. ‘n Vrou het die veteraan van 95 toetse daarvan beskuldig dat hy haar in ‘n kroeg se badkamer verkrag het. SkySports berig ‘n jurie het minder as twee uur beraadslaag voordat hulle hul uitspraak bekendgemaak het. Die 35-jarige Beale sê die saak het ‘n reuse-uitwerkingop hom en sy gesin gehad.