Oppas vir ‘polisie’ wat geld vra!

Die Namibiese polisie waarsku die publiek oor ‘n toenemende aantal rooftogte wat gepleeg word deur individue wat hulle voordoen as polisie beamptes. Volgens inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie word die misdade gepleeg deur skurke wat beweer hulle is polisiebeamptes in gewone klere. Hulle gebruik ook die name van ware beamptes in die mag. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba gepraat, wat sê mense moenie enige geld aan die polisie oorhandig nie, want hulle werk nie so nie.