Kuratorskap van Fishrot-bates in Januarie aangehoor

Die aansoek deur die bekende likwidateurs Dave Bruni en Ian McLaren, om nie meer kurators van die Fishrot-lot se bates te wees nie, sal op 20 Januarie volgende jaar aangehoor word. Regter Orben Sibeya het die datum gestel met bepaalde datums tussen in vir die indiening van dokumente. Die aanklaer-generaal Martha Imalwa staan die aansoek teen. Die twee moet ‘n volledige lys van al die bates, rekenings en meer onder hulle kuratorskap voorberei. Die twee bestuur meer as 33 bankrekenings, 26 eiendomme, hier en in Suid-Afrika, lewende hawe en ook huurinkomste.