Kunswerke wat Nazi’s gesteel het in New York uitgestal

Die Joodse museum in Manhattan, New York, sal vanaf Vrydag 50 kunswerke uitstal wat die Nazi’s voor en tydens die Tweede Wêreldoorlog by versamelaars gesteel het. Dit sluit kunswerke van Pablo Picasso, Henri Matisse en Paul Cézanne in. Matisse se “Meisie in Geel en Blou met Kitaar” sal ook te sien wees. Dit was deel van die Nazi-bevelvoerder Hermann Goering se persoonlike versameling. Die kurators, Darsie Alexander en Sam Sackeroff, beskryf die Nazi’s se plundering van die kunswerke as een van die mees dramatiese verhale van 20ste-eeuse kuns.