Kunsmis moet verantwoordelik en volhoubaar gebruik word, sê nuwe SA hoof

Die Kunsmisvereniging van Suider-Afrika het die aanstelling van sy raad se nuutverkose voorsitter, Henk le Roux, bekend gemaak. Hy sê die vereniging speel ‘n belangrike rol in die kunsmisbedryf in Suider-Afrika. Le Roux sê vir hom beteken dit die betrokkenheid by belangrike rolspelers in die bedryf en om lede se belange te beskerm. Hy glo die vereniging moet fokus op die bevordering van verantwoordelike en volhoubare gebruik van kunsmis. Hy het lede aangemoedig om voortdurend hul waardevolle insette te lewer en sodoende voedselsekerheid te verseker.