Kunsmatige intelligensie kan help met mediese navorsing

Geneesmiddels voldoen lankal nie meer aan die behoeftes van pasiënte in Afrika nie. Dít is die mening van die direkteur van die Sentrum vir die Ontdekking en Ontwikkeling van Holistiese Middels aan die Universiteit van Kaapstad, professor Kelly Chibale. Hy sê Afrika verteenwoordig 15-persent van die wêreld se bevolking, hoewel 20-persent van al die siektes in die wêreld hier voorkom. Chibale sê kunsmatige intelligensie kan mediese navorsing beduidend help om geneesmiddels vir Afrika te skep.