Kunenerivier vloei baie sterker as verlede jaar

Die Zambezirivier se vlak by Katima Mulilo het van 4,77 meter tot 4.69 meter gedaal, met ‘n vloei van 2 768 kubieke meter per sekonde. Die watervlak van die Okavangorivier by Rundu het effens gedaal van 4,66 meter tot 4,63 meter met ‘n vloei van 146 kubieke meter per sekonde. Die Oranjerivier by Blouputs daal steeds met die vlak wat nou op 0,51 meter staan. Dit is baie laer as verlede jaar se vlak van 1,6 meter. Die Kunenerivier by Ruacana vloei teen 2 398 kubieke meter per sekonde teenoor verlede jaar se 72,7 kubieke meter per sekonde, waar die Ruacana-hidroëlektriese aanleg is –  die land se grootste elektrisiteit-opwekkingsfasiliteit.