Kunene: voedselhulp is voldoende, maar water is steeds te min

Daar is verligting in die Kunene-streek met hulp wat die regering en die Rooikruis aan die streek gebied het. Voedselhulp is reeds voorsien en volgens berigte sal huishoudings in nood koopbewyse ontvang om voedsel aan te koop. Die UDF-parlementslid en boer in die streek Dudu Murorwa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die bystand in verband met watervoorsiening is onvoldoende…