Kunene-vergiftigings: ministerie soek nog diere

Die Namibiese omgewingsministerie stel steeds ondersoek in na ‘n tweede verdagte in hegtenis geneem is in verband met die vergiftiging van ten minste vier leeus en twee hiënas in die Kunene-streek se Ehivorupuka-bewaringsgebied. Volgens die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda is dit moontlik dat nog karkasse gevind kan word nadat die ses diere onder klippe begrawe is. Dit wil volgens die jongste berigte voorkom asof die hiënas nie die teiken was nie maar wel van die vergiftigde vleis gevreet het. Daar is reeds ‘n geruime tyd konflik tussen die leeus in die gebied en die boere, veral as gevolg van swak reënval.