Kunene teiken meer as 18 500 inwoners vir inentings

Die Kunene-streek se gesondheidsdirektoraat sê hy wil net meer as 18 500 inwoners teen die einde van die maand ten volle inent teen Covid. Die streek se senior gesondheidsbeampte, Jason Ndahapele, sê hulle benut verskeie veldtogte wat ook huisbesoeke en opvoeding insluit. Die streek het oorspronklik net minder as 28 000 persone, of 32 persent van die streek se bevolking, teen die einde van die maand geteiken en tot dusver is net meer as 9 300 inwoners ten volle ingeënt.