Kunene-streek het nog boorgate nodig

Inwoners van Epupa en Sesfontein in die Kunene-streek het ‘n beroep op die landbouministerie gedoen om meer boorgate in die streek te boor omdat die bestaande waterpunte nie voldoende is vir beide diere- en menslike gebruik nie. Volgens die direktoraat van water in die streek is daar talle uitdagings om aan alle gemeenskappe water te voorsien. Van die uitdagings is skade wat deur wild aan infrastruktuur aangerig is, die langdurige droogte in die streek en die hoë koste van boorgat-ontwikkeling deur kontrakteurs. Ses boorgate is verlede jaar geboor in vergelyking met die drie in 2021. ‘n Parlementslid van die United Democratic Front en ‘n boer in die streek, Dudu Murorua, gee sy reaksie oor die kwessie aan Kosmos 94.1 Nuus.