Kunene-boere het reeds droogte…

Die Kunene-streek is bekend vir sy droë toestande en droogte raak die norm. Die gebrek aan reën in die huidige seisoen het baie boere op hul knieë, met sommige wat nie gewasse kan verbou nie en ander wat hul diere moet verkoop. En, dit blyk asof die seisoen reeds verby is. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n UDF-lid, parlementslid en boer in die Kunene-streek, Dudu Murorua, gepraat wat sê die droogte-situasie is so erg omdat dit in Desember laas gereën het. Hy sê as hulle nie binnekort reën kry nie, weet hulle nie waarheen om met hul vee te gaan nie en boonop het veepryse erg gedaal.