ActionSA spreek hom ook uit teen die EFF se geweld tydens optogte

ActionSA sê hoewel hy dit met die EFF eens is dat die ANC-regering die inwoners in die steek gelaat het, is hy geheel en al gekant teen die geweldadige aard van die protesoptrede wat die EFF se leierskap aanmoedig. Die EFF beoog om die land Maandag tot stilstand te dwing. Lerato Ngobeni van ActionSA sê die EFF het telkens getoon dat hy ‘n party van gewelddadigheid is wat nie juis omgee vir die uitwerking wat hul optrede op die gemeenskap het nie.