Kundiges bepleit hulpbron-verskeidenheid in Afrika-ekonomieë
Kenners het hulpbron-verskeidenheid in Afrika-ekonomieë beklemtoon. Hulle bepleit belegging in infrastruktuur en menslike kapitaal om waardetoevoeging en vervaardigingsektore te bevorder, om ekonomiese veerkragtigheid ‘n hupstoot te gee. Hulle het op die Afrika Sentrum vir Ekonomiese Transformasie-beraad gepraat en samewerking binne die Afrika-unie geloof as noodsaaklik vir strategiese hulpbronbestuur en om beleggers te lok vir uitvoere met toegevoegde waarde. Aanspreeklikheid en deursigtigheid word ook beklemtoon vir bestendige langtermynbeleggings in ontwikkelingsdoelwitte.