Kultuur-aanbiedinge kan toerisme red – Shifeta

Die Namibiese Minister van Toerisme Pohamba Shifeta sê die effektiewe benutting van kultuur kan bydra tot die herlewing van die toerisme sektor in die land. In sy mening is daar al hoe meer aanvraag vir kulturele toerisme wat nie deur Namibiërs uitgebuit word nie. Hy sê die land is baie divers en dit is ‘n groot voordeel. Landelike ontwikkeling en werksgeleenthede in die gebiede kan ook deur middel van kulturele toerisme produkte ‘n hupstoot geniet.