Kubermisdaad groei, groter as dwelm- en wapenhandel saam…

‘n Kubermisdaad-kenner sê kubermisdaad neem wêreldwyd toe. Hy het gereageer op die tempo van vermeende digitale bedrogpogings vanuit Namibië na Suid-Afrika wat in die tweede kwartaal van vanjaar met 36 persent toegeneem het, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is volgens TransUnion se kwartaallikse bedrog-ontleding. Professor Basie von Solms van die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Kuberveiligheid, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.