Kuberkrakers eis R1,1 miljard vir TransUnion data

‘n Kuberveiligheidskenner, Andrew Brauteseth, sê kuberkrakers raak meer gesofistikeerd namate ondernemings toenemend bewus word van kubermisdade. Hy het gepraat terwyl ‘n Brasiliaanse groep sê hy kon daarin slaag om weer toegang te verkry tot vertroulike inligting van die Amerikaanse kredietverslagdoeningsagentskap, TransUnion. Die groep eis nou ‘n losprys van 1,1 miljard Suid-Afrikaanse rand. Brauteseth sê hy glo die sindikaat gebruik tans ingewikkelde maatreëls om toegang te verkry tot inligting wat aan die organisasie behoort.