Kuberaanvalle op kripto neem toe in SA

Die kubersekerheidsmaatskappy, Trellix, sê die kripto-geldeenheid word bedreig namate die aantal kuberaanvalle in Suid-Afrika toeneem. Daar was die afgelope maande ʼn merkbare toename in kwaadwillige veldtogte, en pogings om kriptogeld deur middel van ‘n besmette rekenaar te steel. Die veldtog gebruik gewoonlik ‘n knyperbord-steler Trojan-stelsel wat kripto-beursie-adresse doeltreffend kopieer en vervang, en kriptogeld dan versend na ‘n beursie wat aan die aanvallers behoort. Kubermisdadigers het sedert die aanvang van die Covid-pandemie hul aanvalle op sowel individue as maatskappye verdubbel.