Kuberaanval op Transnet kan lei tot voedselkrisis

Die kuberaanval op Transnet word beskou as ‘n moontlike voedselkrisis. Dit is volgens die vereniging van vleisinvoerders en -uitvoerders wat eis dat die Suid-Afrikaanse departement van landbou dadelik ‘n aksieplan bekend stel. Die vereniging sê noudat die Durbanse hawe weer werksaamhede hervat het, is ‘n plan nodig om seker te maak houers met bederfbare voedsel word na binnelandse verkoelingsgeriewe geneem. Die vereniging se uitvoerende hoof, Paul Matthew, sê daar is tans 290 verkoelingshouers wat dringend geberg moet word.