Kuber-veiligheid word brandpunt

Inligtingsminister Peya Mushelenga sê sy ministerie gaan die land se Nasionale Digitale Strategie, die Databeskermingswetsontwerp en die toegang tot inligting-regulasies so gou moontlik ter tafel lê, om kuber-veiligheid te verseker. Hy het by ‘n personeelvergadering gesê Namibië was verlede jaar blootgestel aan 2,7 miljoen kuber-aanvalle. Plaaslike banke het ook ‘n toename aangemeld in gebruikers wat vir kripto-bedrog-skelmstreke geval het. Mushelenga sê inligting wat deur kuber-skelms bekom word, word nie net gebruik om mense te beroof nie, maar rig ook groot aan instansies en regerings se reputasie aan.