Namibië ‘kan duur betaal vir Israel-Gaza standpunt’

Namibië ondersteun Suid-Afrika in sy saak teen Israel by die Internasionale Geregshof en het ook ‘n beroep gedoen vir Israel om beweerde volksmoord-aanvalle in Gaza teen die Palestynse bevolking te staak. Die eerste minister van Namibië, Netumbo Nandi-Ndaitwa het spyt uitgespreek dat Israel nie beveel is om hulle militêre bedrywighede in Gaza stop te sit nie. Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre Duvenhage het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die saak plaas Suid-Afrika sentraal in ‘n eskalerende oorlog.

Duvenhage is verder van mening dat Namibië en Suid-Afrika se standpunte hulle duur te staan sal kom.