Kuber-afknouery is ‘n krisis in SA

Suid-Afrika se kenner van aanlyn veiligheid en digitale vaardighede in skole, Dean McCoubrey, sê afknouery in die land is ‘n krisis en nie net ‘n probleem nie. Dit is hierdie week Teen-boelieweek en die tema is Een Vriendelike Woord. Talle studies die afgelope jare het Suid-Afrika onder die toptien lande in die wêreld geplaas waar kuber-afknouery die ergste is. McCoubrey sê hierdie afknouery is ‘n onsigbare teisteraar. Hy sê onderwysdepartemente moet bewus wees van die kragtige invloed van sosiale media en speletjies, en dit intelligent gebruik.