Kuba staan SA by met watersanitasie

Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, het die Kubaanse regering geloof vir sy volgehoue steun aan Suid-Afrika, veral op die gebied van watersanitasie. Die twee lande het in Februarie 2020 ‘n ooreenkoms onderteken oor die ontplooiing van 25 ingenieurs van Kuba na Suid-Afrika om te help met instandhoudingswerk aan infrastruktuur regdeur die waterwaardeketting. Mahlobo sê hulle het gehelp om in voorafgeïdentifiseerde munisipaliteite die land se kandidaat-ingenieurs en vakmanne op te lei: