Itah sê oor NSFAF en lugvaartstudies

Verlede jaar het die Namibiese studente hulpfonds gesê hy sal nie meer studente finansier wat lugvaart studeer nie weens ‘n gebrek aan fondse. Kennedy Kandume, waarnemende hoof-uitvoerende beampte van die fonds, sê hy bestee meer as 5,5 miljoen Namibiese dollar per jaar of 67 000 dollar per student aan lugvaartopleiding. Itah Kandji-Murangi, die minister van hoër onderwys, het in die Nasionale Vergadering oor die saak gepraat en ‘n kort agtergrond oor die aangeleentheid gegee.

Die fonds sal steeds lugvaartstudente befonds, maar hulle sal die getalle stadig verminder.