Kruin van vierde vlaag reeds in SA behaal

Die Suid-Afrikaanse kabinet sê volgens alle aanduidings kan die buurland moontlik verby die kruin van die vierde vlaag van Covid-19 wees. Besmettings het begin daal in alle provinsies, behalwe in die Wes-Kaap en Oos-Kaap, wat onderskeidelik 14 en 18 persent toenames in gevalle aangemeld het. Daar was ook ‘n afname in hospitaalopnames, behalwe in die Wes-Kaap. Die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, sê terwyl die Omikron-variant uiters aansteeklik is, is minder mense in die hospitaal opgeneem: