Kruger Wildtuin stel landelike ekonomiese herstelplan bekend

Klein en medium ondernemings in Mpumalanga en Limpopo sal voordeel trek uit die Krugerwildtuin se landelike ekonomiese herstelplan. Die nasionale park wil toerisme en werkskepping ‘n hupstoot gee. ‘n Woordvoerder, Ike Phaahla, sê die park word omring deur gemeenskappe wat swaar getref is deur die Covid-19-pandemie, daarom het hulle besluit om die program wat op plaaslike entrepreneurs gemik is, van stapel te stuur. Hy sê hulle gaan nie net met ondernemings in die toerismebedryf saamwerk nie, maar ook met dié in die bou-, IT- en gasvryheidsbedryf, en ander ondernemings wat met die park verband hou.